Wednesday 13 June 2018

Manne, ons moet praat...

My mede mans bestuurders, kom staan bietjie hier dat ons gesels oor ‘n saak wat swaar op my hart lê. Soos sake staan moet ons almal nou maar elke dag vir ure in die verkeer sit op pad na of van ons werk af. Sal ons nie veel eerder langs ‘n bosveld vuur wil sit of oor die see wil uitkyk nie? Maar helaas ons moet ons daaglikse brood verdien.



Nou terwyl ons so ons lewens om wag in die verkeer kyk ‘n mens mos maar rond wat om jou gebeur. Ons het dit mos destyds geleer toe ons die K53 gedoen het: observeer. Terwyl ek so sit en observeer sal ek telkemale ‘n man observeer wat dink ons ander kan hom nie gewaar nie. Vir een of ander rede dink die ouens dat wanneer hulle agter die stuur sit, hulle onsigbaar is vir die res van die wêreld. Asof hulle motors ‘n soort “invisibility forcefield” is wat hulle toelaat om enige iets daar binne te doen, en die res van die wêreld sal nooit wyser wees oor die onheilighede wat hulle daarbinne aanvang nie. Ek ry nou nie so ‘n grand kar soos party ouens nie, maar my motor se vensters werk so: Ek kan van binne af buitentoe kyk, en enige iemand kan van buite af binnetoe kyk. Dit is maar hoe glas oor die algemeen werk. Met die kennis weet ek dat ek myself maar moet gedra daar in my motor. Dit is soms moeilik, maar dit is hoe dit is. Jy weet nooit wanneer sien jy ‘n foto van jouself op “Ek’s van die Ooste” nie.

Maar o wee, daardie mans met die “invisibility forcefield” motors het geen vrees of skaamte nie. Nou dat ek eers sê, ek verstaan dat daar soms ‘n simpel snotbolletjie in die voorportaal van jou snoet sit, en dat dit ‘n groot irritasie kan veroorsaak. Dan moet jy hom maar so vinnig uithelp met die punt van jou duim en dit op so manier doen dat dit nou nie lyk asof jy in jou neus grawe nie. Jy doen dit gewoonlik in so ‘n beweging dat dit lyk asof jy ‘n jeukende neus krap. Ook maar mens met normale liggaamlike funksies. Nee, meneer in jou duur Duitse motor. Ek praat met jou wat soos ‘n wafferse kulkunstenaar jou wysvinger laat verdwyn in die donker dieptes van jou sinusholtes waar daglig nooit sal skyn nie. En dan nog die duim agterna stuur om ‘n geharde klouer uit te grawe. Jy grawe so diep dat jou oogbal sommer so bollemakiesie slaan soos jou vingers in die binnekant van jou kop stoei met versteende slym. Ek praat met jou wat dan daardie bal neusgoeters met groot tevredenheid uittrek, vir ‘n oomblik trots bekyk en dit dan in jou mond druk soos ‘n toffie.

Ga! Sies! En elke keer moet ons hard baklei teen vanoggend se Postosties wat ‘n surprise appearance wil maak of vanmiddag se ham en kaas toebie wat met alle mag probeer uitbreek na vryheid. Nee! Moenie! Ons sien vir jou. Ons kyk vir jou in ons spieëltjies of waar jy langs ons in jou motor sit met jou “invisibility forcefield” aan.

Hou dalk vir jou ‘n pakkie Big Corn Bites in jou motor vir as die honger jou oorval oordat jy vir ure al met ‘n nugter maag in die verkeer sit. Of vra vir Mevrou dat sy vir jou ‘n pakkie Gary Player handkerchiefs koop, dan haal jy die nollas uit met die handkerchief, en dan sit jy hom in jou sak en dan gaan eet jy dit later in die badkamer agter ‘n toe deur. Of vat jou kind se fidgetspinner vir wanneer jy verveeld raak in jou motor. Want ons wil dit nie sien nie. Asseblief ouens – ek vra mooi. Moenie op ontdekkingstogte gaan terwyl jy in jou motor sit nie, maar as jy regtig moet, vir die liefde van alles wat goed en mooi is, moet dit nie in jou mond druk nie. Want eendag gaan ek my stryd met my Postosies wat wil terugkom verloor...


Oorspronklik op Facebook gepost - 1 Februarie 2018 (Kopiereg Riaan Palmer)

Share:

Dear ANC - An open letter

An open letter:

Below are two images. One taken 17 June 1976. One taken last night, 20 June 2016. 40 years since the first picture was taken.



22 years since the ANC came to power.
And nothing changed.
ANC members are still burning buses.
So my question, dear ANC is: What would make you happy?

You demanded freedom. And I'm truly happy that you received your freedom. Everyone deserves freedom. You were also given the keys to the country. All the power and money this country has to offer. But apparently, dear ANC, that was not enough. So I ask again. What can we do to make you happy? What will prevent you from burning the clinics where the sick are helped? What will prevent you from burning the schools where children are educated? What will prevent you from burning the buses that get the people to their work?

Please tell the rest of the country what will make you happy. We don't have much more to give, but if we can help you achieve eternal happiness, we would like to get you there if only for the sick, the children and those that want to make an honest living.

Originally Posted on Facebook - June 21, 2016 
Share:

Afrikaners - Wat maak julle nou?

Blaai ek weer in ‘n oomblik van verveeldheid deur my Facebook feed. Een of anner dame braak gal oor ‘n ander skinderbek antie op Ek’s van die Ooste.

“Weird.” Dink ek by myself en scroll verby. En dan nog so ‘n post. Nee die dame kla oor daai meisietjie, en stuur sommer screenshots van privaat gesprekke vir Admin.

“Wat de donner gaan nou aan?” Wonder ek. Ek loer by die venster uit. Nee, dis nie volmaan nie. Ek scroll, en daar is nog so ‘n post. En nog een. Ek kry ‘n koue rilling. Ek het sopas ‘n terugflits gekry van my hoërskool jare. Meisies wat teefgevegte het en mekaar se oë wil uitkrap. Laaities wat mekaar wil boks. Is hierdie regtig mense wat hier in een van die mees gegoede areas in Suid-Afrika bly wat so optree!? Nou volk en vaderland, hoe op dees aarde gaan dit daar in die weste?



“Ja Afrikaners, hoe dan nou anders. Gun nie die son op jou buurman se agterwêreld nie.”

Dit herinner my aan daai sêding: “Die enigste keer wat Afrikaners saam gestaan het, was op die boot oppad St Helena toe. Maar dit was ook maar net omdat daar nie plek was om te sit nie.”
Mense, sien julle wat om julle aangaan? Hou julle die politiek dop? En dit gebeur nie net op die plase nie. Dit gebeur hier tussen ons. Net hierdie week is ‘n dierbare, weerlose oom grusaam tussen ons vermoor.

Ek sien hoe rol jy jou oë. Nee, ek is glad nie ‘n kakiebroek draer of ‘n vierkleur swaaier nie. Ek is net ‘n gewone stadsjapie wat nie ‘n probleem met niks en niemand het nie. My Ma het my geleer om almal ewe veel te respekteer ongeag van velkleur. Ek is ‘n glas halfvol ou. Altyd hoop.

Maar ek loop deesdae rond met ‘n frons.

Ek hoor so week of wat terug ‘n dame vertel dat sy eerder haar eie kleinkinders sal doodmaak voordat sy sal toelaat dat hulle vir ure gemartel en verkrag sal word as haar huis ooit ingeval sal word. Dit is die allervreeslikste ding om te dink. Die gedagte dat ‘n Ouma moet dink oor wat sy gaan doen om haar kleinkinders te beskerm die dag as haar huis ingeval word, want hulle kom nie net om te steel nie. Hulle kom om seer te maak. GEEN Ouma moet ooit in daai posisie geplaas word om eers daaroor te hoef te dink nie. Ook nie ‘n Ma of Pa of broer of suster nie. Maar dit is die realiteit. Dit is die era in die Suid-Afrikaanse geskiedenis waarin ons nou leef.

Maak bietjie sommetjies. Volgens die 2011 sensus is ons is sowat 2.7 miljoen wit Afrikaans sprekendes. In die 2016 verkiesing het die EFF 3.2 miljoen stemme gehad. Ons is in die minderheid. Kyk na die ou se profile wat voor jou gepost het. En die dame wat na jou gepost het. DIT is die mense op wie jy moet kan steun. Ons is al wat ons het. Jou buurman. My buurman. Dit is die mense wat vir ons daar gaan wees in ‘n oomblik van nood. Niemand anders gaan kom om jou te help nie. Amerika het ‘n saak. Brittanje het ‘n saak. Australië? Wie weet.



Nou? Nou wil ons nog ‘n kerk afstig? Nou wil ons moan oor Sarie nou my melktert resep vir Magda gegee het? Nou gil ek vir buurman Dawie hier oor die muur want sy grassnyer is Saterdag oggend al 9 uur te luidrugtig aan die gang?

Regtig mense? Moet jy nie bietjie mooi dink oor wat jy doen en sê nie? Die wêreld is groter as net jou Facebook feed. Jy voel dalk vandag vreeslik oulik oor jouself oor daai sarkastiese post of iets - wie weet wat - bereik deur vir Louis Bruwer ‘n screenshot te stuur. Maar more, oormore, volgende week gaan jy vir Sarie en Magda en Dawie nodig hê. Ek haat dit om doemprofeet te speel, maar enige iemand kan sien ons Afrikaner volk gaan deur ‘n moeilike tyd.

Ons ry nie meer ossewaens nie, ons dra nie meer die kam in die kous nie en ons ken nie meer die woorde van die vlaglied nie. Maar Afrikaans is in ons bloed. Ons is trotse mense. Ons het Suidelike Afrika se sand hier tussen ons tone gevoel, en dit is hoe en waar ons geanker is. Dit is soveel ons land as enige Zoeloe, kleurling, Indiër, Xhosa, ens. sin.

Ek gaan nou bietjie kru wees, maar dit gaan de boodskap beter oordra – verskoon maar:
Hou op met jou fokken kinder-kak hier op Facebook, op straat, agter die konsistorie, in Koffietijd se tuin.

Steek jou hande uit jou moue uit na die mense om jou en hou op met gebalde vuiste staan. Hierdie mense is al wie jy het om jou te help.
My vraag aan jou is: Is dit regtig so moeilik om vriendelik te wees? Wat presies kry jy uit jou bitsigheid uit? Na watter mens toe gaan jy draai, die dag wanneer jy op jou mees weerlose is? Gebruik jou verbeelding en verbeel jou die massas storm by hulle duisende Waterkloof of Silver Lakes binne vir ‘n stukkie grond? Wat dan?

Ek is jammer, dit klink so bietjie soos ‘n preek, maar julle moet oor die goeters dink. Ondersteun mekaar se besighede. Kom bymekaar vir ‘n skaaptjoppie. Leer ken jou buurman se naam, al bly jy nou al 7 jaar langs hom.

Soos 100 jaar terug is Afrikaners weer aan hul eie lot oorgelaat. Ek en jy is al wat ons het in hierdie tyd. I’ve got your back. Do you have mine?

Kollekte sal by die deur opgeneem word. 😁



Oorspronklik gepost op Facebook - Ek's van die Ooste groep - 20 Maart 2018

Share: