So ry ek na ‘n
vriendin toe om vinnig ‘n belangrike dokument af te laai en laat weet haar
sommer per WhatsApp ek’s amper daar. Voor in haar driveway staan ‘n vreemde ou.
“Middag meneer!”
Seg ek. “Is Karen hier?”
Ek kry ‘n kyk.
Dis ‘n vreemde kyk. Dis ‘n vuil kyk.
Dis Karen. Sonder
make-up. Oeps.
Ja nè. Nou kom
vroue se ware kleure uit. Letterlik en figuurlik. Ons mans lyk maar soos ons
lyk. Soos wat ek vandag lyk is die beste wat ek ooit weer in my lewe gaan lyk.
Vroue cheat egter. Hulle gebruik roompies en make-up en kleursels en geursels
om hul voorkoms te verbeter. Ek weet nie hoe dit gebeur het dat vroue Polyfilla
begin gebruik het nie? Ek weet nie of julle al opgelet het nie, maar mans en
vroue lyk nie dieselfde nie. Glad nie. In vergelyking met meeste ander diere
soos honde en katte en perde wat mannetjies en wyfies alles presies dieselfde
lyk, behalwe in hulle bikini area. As jy kaal langs jou vrou staan en julle lyk
presies dieselfde het jy baie vreemde keuses in jou lewe gemaak.
Ek verstaan nie
hoekom hou vroue nou eintlik van mans nie. Mans hou van vroue want hulle hou
van ons. En hulle het parte waarvan (meeste) mans hou. Nie dat ek ‘n vrou wil
wees nie. Nee, wat julle kan maar die makeup met liefde dra. Arme vroue kry so
elke 28 dae ‘n besoek van die rooi muis in die rooi kar met die rooi mus op. En
dit moet aaklig wees. (Ek is vreeslik jammer daaroor, maar dis nie ons skuld
nie – kan julle asseblief ophou om op ons te gil?) As mans elke paar dae
gebloei het, so die hele wêreld elke paar dae tot stilstand gekom het! En dan
is dit nog vroue se verantwoordelikheid om kinders te baar. Dit is ook nogal ‘n
minder ideale situasie. En om dit erger te maak kom die baba nog by (meeste)
mans se gunsteling plek uit. Dink julle dis lekker vir mans om daai plek te
visualiseer met ‘n skreeuende kop wat daar uit-pop soos iets uit ‘n Alien
movie!?
En ek is redelik
seker vroue het nie dieselfde fassinasie met mans se bikini area nie. Die ding
wat soos ‘n neus hang, twee uitpeul googly oë wat netjies verpak is in ‘n
sakkie met lappe krulhare hier en daar. Dit lyk letterlik soos ‘n waansinnige
karakter uit ‘n Muppets movie! Ek dink nie vroue sou lekker ge-operate het as
hulle ook ‘n sak affêre gehad het nie. Dis soos om ‘n klein handsakkie te hê
wat nie saam met een van jou outfits pas nie...
En dis vir ons
net so grillerige besigheid. Veral in publieke aantrekkamers. Gelukkig kom ek
nie baie in daai plekke nie. In Februarie het ek egter weer in een beland toe
ons uShaka toe is vir die dag. Vroue het net geen idee wat daar in die mans se
aantrekkamers gebeur nie. En hulle is almal dieselfde! Buiten vir die reuke is
daar altyd ou omies. I kid you not. (As ek nie klere aanhet nie, en nugter is,
dan beweeg ek soos blits. Daar is seker geen groter gevoel van kwesbaarheid as
om kaal in die publiek te wees nie...) In enige aantrekkamer kan jy instap en daar
sal altyd een of meer ou omie wees wat so sonder skaamte op en af stap. Of net
staan. Nie op pad stort toe of iets nie. Nee, hulle paradeer net op en af. Hang
daar rond. Met ‘n boepie wat oor die storie hang. Moontlik om as waarskuwing
vir die jonger gardes te wees.
“Kyk seuna! Kyk
na my 80-jarige verrimpelde lyf! Een van die dae gaan jy ook só lyk! Kyk en sidder!!”
En as jy dink
vroue het ‘n probleem met hulle boobs wat sak met ouderdom saam, dan wil jy nie
weet wat hang rondom ‘n 80-jarige oom se knieë nie. En jy gaan sit nie op een
van daai bankies in ‘n aantrekkamer nie. Nie net oor higiëniese redes nie, maar
ook dat dit apparently ‘n uitnodiging aan die omies is om met jou te kom
chit-chat. Hulle wil altyd so ‘n geselsie kom maak. En wat hang dan hier oog-hoogte met jou gesig? Hang net
daar soos ‘n pap helium ballon 3 dae na die partytjie.
Ek geniet uShaka
egter baie. Ek raak mos soos ‘n kind by enige plek waar daar rides is. Alhoewel
my se lyf nou nie meer die van ‘n kind is nie. Na so ‘n dag van slides gly en
op en af hardloop voel die logge lyf asof ek Karate Kid my gebliksem het omdat
ek vir hom gesê het sy ma se miaau-miaau. Blou kolle, gerekte spiere, gefokte
rug, die works.
My eerste het ek
natuurlik dadelik die hoogste slide gaan aandurf. Hulle noem hom “The Drop
Zone”. Die leidraad is eintlik in die naam, maar ek het gedink dis maar net
ydel dreigemente... Eers loop ek om en om die toring opsoek na die hysbak.
Totdat ek die ander mense sien opgaan met ‘n stel trappe en besef daar is net
een manier om daar my te kom. My bliksem. Ek betaal R300 om daar in te kom.
Teen daai prys moet elkeen ‘n persoonlik assistent hê wat jou abba tot bo. Nee,
nee. Ek moet in my Speedo kaalvoet tot bo waggel. Ek, Riaan Palmer, wat uitasem
raak as ek moet opstaan om die TV se remote control kry... En die ding is maar
moer hoog. Ek doen nie hoog nie... Julle dink ek oordryf? Ek is seker halfpad
op is ek verby Heidi en Peter en ‘n trop berg bokke. Ek het dit uiteindelik tot
bo gemaak - dankbaar vir al die kinders wat my oor die eindstreep gehelp het.
Nou hulle het die verwaandheid om die storie ‘n “waterslide” oftewel ‘n waterglybaan
te noem. Nee, nee. Ek het al gegly in my lewe. As jy gly, dan is jou boude op
‘n gladde oppervlak en jy “woohoo” tot onder. Hierdie is nie wat gebeur het
nie. Op geen stadium het my agterkant aan ‘n oppervlakte geraak nie. Daai noem
ons sommer “val”. En die ergste is jy reis twee dae en twee nagte te perd tot
bo om te kan afgly (en ek gebruik “gly” in die breedste moontlike terme) en dan
is jy in minder as ‘n sekonde weer onder. Hardly worth the effort. En ewe
skielik is my Speedo sommer ‘n g-string. Hy kruip daar in tot waar geen son
ooit sal skyn nie. Ek dag toe my mangels is ook ewe skielik weer terug. Tot ek
agterkom my sakkie is leeg en dit nou eintlik my eierstokke was misplaas was.
Die slide reg
langs dit is weer ‘n slide wat jy op ‘n tjoepie sit en by die glybaan afgaan.
Niks belaglik nie. Heel prettig. Behalwe net as jou tjoepie die water teen ‘n
seker hoek tref dan stop hy nie. So gaan ek heel onskuldig daar af. “Woohoo!”
Tref ek toe nou die swembad teen daai spesiale hoek. Nou dis nie ‘n vreeslike
groot swembad om mee te begin nie. En ek sien ek gaan nie gestop kry voor die
swembad opraak nie. Ek weet nie of jy al op ‘n tjoepie gery het nie, maar hy
het nie brieke nie. As iets skeef loop sit en wag jy maar net om te kyk wat die
skade gaan wees. Gelukkig, of ongelukkig swem daar so ‘n pokkel seun voor my
in. Ek tref hom op die rug en raak airborne. Julle het al daai fliek, “Free
Willy” gekyk, nè? Met die bekende toneel waar die walvis oor die kind spring.
Nou picture daai prentjie, maar met my op ‘n tjoepie as die walvis. Ek is reg
bo-oor nie net 1 kind nie, maar sommer 4. Eventually vat ek weer grond. Dis nou
hier waar fisika interessante dinge doen. Wrywing veroorsaak dat my tjoepie net
daar op die pavement vassteek. Momentum veroorsaak dat ek aanhou beweeg, nog so
3 meter verder. As jy ooit in uShaka is en verby sulke parallel slote loop dan
weet jy dis die stukkie grond wat ek gekoop het. Jy sal dit erken aan die twee
kniekop-vormige rondings en velle wat seker nou nog daar sit. Nou as so iets
gebeur met jou, dan kan jy maar net opstaan voor jou kyk en wegloop. Verdwyn in
die skare verdwaasde mense. Met die roepe van angsbevange ma’s wat roep “Waar’s
my kind!? Waar’s my kind!?” wat weergalm in jou ore. Asof ek daai soort stres
op my vakansie nodig het.
© Riaan Palmer