Monday 9 July 2018

My "ordeal" met OrderIn en Grafters Tavern en hoe ek amper dood is van die hongerte!


(Edit: Dinesh Patel, CEO of OrderIn contacted me personally after I wrote an angry e-mail to the customer service e-mail address. See bottom.)

Ek is nou nie ‘n groot aanhanger van die “Name & Shame” metode nie. Ek is maar van die “Vergewe en Vergeet” groepie mense. Shit happens. Life goes on.

Maar Vrydagaand was vir my net een te veel.

Nou ek is nou nie groot op kosmaak op ‘n Vrydagaand nie. En die nuwe tegnologie van takeaway aflewerings apps het my luiheid eksponensieel vergroot. Hoekom sal ek nou in my kar klim en ry om “takies” te gaan koop as iemand dit vir my kan bring? Werkskepping en al daai goed, right?

Die eerste keer wat ek van “OrderIn” gebruik so maand terug, tik ek my order in en wag in spanning vir iets om te gebeur. Nee, na 10 minute bel hulle my en sê sorry, hulle is te besig om my te kan help ek moet self my kos gaan haal. Hulle sal die R10 afleweringskoste as krediet op my rekening sit. Ek wil nog vra wat van die R20 tip wat ek by die betaling ingesluit het, maar die antie het klaar die foon neergesit. Sug. So gesê, so gedaan...

Hierdie Vrydagaand besluit ek om weer vir OrderIn ‘n kans te gee. Sit 18:36 my bestelling by Grafters Tavern in op die App. Ek en Die Ander Honger Een in die huis bou elkeen ‘n Combo basket. Omnomnom.

Kry die e-mail dat die order deur is en dat die kos 19:38 daar gaan wees. Jippie!


So stap die tyd verby en die hongerpyne groei. 19:38 kom en gaan. Maar Geduld is my middel naam. (OK nie regtig nie. Ek het nie ‘n middel naam nie. My Ma-hulle was lui toe hulle my name uitgedink het en gestop na die eerste een.)

So teen 20:00 begin Die Ander Honger Een in die huis sulke moan geluide maak en ek kry sulke “waar’s die kos?” kyke...

Teen 20:30 kry ek ‘n oproep. “Hallo ek is Antie Sus-en-so van OrderIn...” Sy wil net weet of is my bestelling al afgelewer?
Uhm. Nee...
OK, sy volg gou op en bel my terug, bye.

20:41 begin Die Ander Honger Een in die huis se moan al harder word. Ek sien hier gaan nou ‘n floute wees van hongerte en ek bel die OrderIn tannie terug.
Hallo. Ons is honger. Waar is ons kos?
Nee, sy gaan gou die drywer bel dan laat weet sy my.

20:55 bel sy my terug. “Ag sorry man. Sy kon nie die drywer in die hande kry nie, hy was besig om te bestuur. Hy het nou net by die winkel gery met my kos.
Yay!

21:10 kry ek ‘n SMS. “Your Grafters Tavern order is on the way. Track your driver & ETA here:
WTF?! Hy ry nou eers? Nietemin volg ek en Die Ander Honger Een in die huis die beweging van die motorfiets op die kaart. Toe hy 5 minute weg is, gaan staan ek sommer met die laaste bietjie krag in my lyf by die hek en wag.

21:21 kom die bike die bult op. Ek begin trippel van opgewondenheid daar waar ek staan. Die drywer haal die yskoue kos uit terwyl hy ‘n rits verskonings mompel. Whatever. Gee my kos, koebaai!


Hol huppelend die huis in en gooi die eerste boks oop. Dis Die Ander Honger Een in die huis se kos. ‘n Berg aartappels, ribbes en chicken strips. Awesome.

Gooi my boksie oop wat aansienlik kleiner is. Waddefok is dit? Ek het meatballs vir my basket bestel. En dit kos R18. En ek kry TWEE baba meatbolletjies?! So ook “Stuffed Peppadew wrapped in bacon” vir R15... Een enkele Peppadew? Dafuq? Die res van die porsies was meer regverdig... En die kos was darem lekker. (Alhoewel teen daai tyd was ek al so honger dat jy ‘n poep kon blou verf, sout en peper daaroor strooi en vir my gee, en dit sou ook lekker gewees het...)



So: OrderIn - 2 ure en 41 minute vir ‘n aflewering? Ek kon Spar toe gery het, die bestanddele gaan koop het en die kos van scratch af gemaak het, en dit sou nogsteeds vinniger gewees het. Verskoon my taal, maar fok julle. NOOIT weer nie. Mr D en Ubereats se diens en app is 10 keer beter. #OrderIn

Grafters Tavern: Ek draai by die dood om van hongerte en julle stuur vir my 2 baba meatballs vir R18? Lyk dit enigsins soos R117 se kos? Fok julle ook, hoor. NOOIT weer nie.



Oorspronklik gepost op "Ek's van die Ooste" Facebook groep - 9/7/2018

Edit: Mister Dinesh Patel contacted me via e-mail and asked if he could give me a call. I explained that I'm not interested in excuses - the damage has been done. But kudos to him for wanting to clear things up. I trust that he will address the issues as necessary and that OrderIn will step up their game in order to compete with International Companies such as UberEats. I would much rather support #ProudlySouthAfrican companies, as long as they offer the same if not better service. So I'll give OrderIn another chance in the distant future. To be continued...
Share:

0 comments:

Post a Comment