Friday, 28 September 2018

My Ma sê ek mag nie meer vloek nie

My Ma sê ek mag nie meer vloek as ek iets skryf nie, anders gaan sy nie my posts like nie. Skoonma het my ook al daaroor aangespreek... Dis nou ‘n penarie want partykeer is al woord wat in ‘n sin werk “fok”. Dit weerspieël net presies die gevoel wat ek wil uitdruk. “Oepsie poepsie” of “alla mapstieks”...
Share:

Thursday, 27 September 2018

Die Fortuner Tannie post veroorsaak 'n baba otter

En daar gaan my gebabbel oor die Fortuner tannies "groot". Posts word ge-share en daar word ge-comment. DANKIE! Aan elkeen wat share en comment en saam praat!!! Dis awesome.  Niks lekkerder as jy sien hoe dit die wêreld ingestuur word en almal lag, comment en deel saam stories nie. Honderde shares...
Share:

Wednesday, 26 September 2018

Fortuner Tannies

Dis nog nie eers ‘n week sedert my mees onlangse senuwee-ineenstorting nie... Ek het alweer hartkloppings. Hierdie keer is dit ‘n tannie in ‘n Fortuner. Praat op die foon en sit maskara aan die wimpers. Ry so dat my lewe verby my oë flits. Twee keer. (Moontlik het ek hartkloppings oor wat ek in die...
Share:

Tuesday, 25 September 2018

Die monster onder die bed

“Mamma!!! Maaaaaaa!” Fok.  Sug. “Ja!?” “Hy’s terug!!!” Sug. Ek gooi vies die hemp neer en maak my oë toe. Ek maak my oë oop net om in die berg ongestrykte wasgoed vas te kyk. Vanaand is die aand... Vanaand gaan die bloed vloei! Ek loop met ‘n mission die gang af en stamp die kamer...
Share:

Wednesday, 19 September 2018

Alles behalwe dagga. (Jy pleeg plagiaat jou dief!)

Jy dink ek wil praat oor dagga, maar jy’s verkeerd. (Meeste mense is dom genoeg sonder spook-rook, nou wil hulle daai laaste twee breinselle verder briek? Right. Ek het mos nou ‘n saak.) Ek het net weereens besef dat mense is baie weird. So laat weet iemand my van ‘n post op ‘n ander Facebook...
Share:

Monday, 10 September 2018