Tuesday, 20 August 2019

As die Zombies kom

Ek giggel heerlik as ek daaroor dink: Sekere mense wat dink hulle gaan oorleef as die kak die fan strike... Regtig Frikkie? Gaan jy gereed wees vir die Zombies en hulle “asses kick”? Kom ons dink gou wat jou reaksie was die vorige keer toe vroulief jou geroep het oor daar ‘n spinnekop in die kamer...
Share:

Monday, 12 August 2019

Die gemeenskaplike vyand: Oggend mense

 Ek sweer daar moet ‘n makliker manier wees om die dag te begin as om wakker te word in die oggend. Kyk ek hou nou maar net nie van daai “morning people” (oggend mense?) nie. (Ek hou ook nie van oggende nie en ook nie van mense nie, maar dis nie nuus daai nie.) Ons ken almal daai mense....
Share:

Tuesday, 6 August 2019

As Die Donker weer kom

Ek skryf hierdie want dit draai nou al lank in my kop en dit moet uit. Dis nie ‘n kortverhaal of ‘n storie nie. Dis nie snaaks nie. Dis nie vrolik of opgewek nie. (As ek weer skryf sal dit wees, maar nie hierdie keer nie.) Ek skryf dit want dit móét uit, so dis net vir my. Dalk vir iemand anders? Maar definitief vir my. * * * Jy bou ‘n huisie van kaarte. Elke kaart ‘n hoop. ‘n Droom. ‘n Wens....
Share:

Friday, 2 August 2019

Papaja en die Morkels

Ouma sê die Morkels se moeilikheid het begin by daai hond, Papaja. Volgens Ouma het Louw Morkel die hond gesteel by ‘n sigeuner karavaan. (Daai karavane wat oornag in ‘n oop stuk veld verskyn, met ‘n plakkaat wat aanbied om jou palm te lees. Volgende week is hulle net so skielik weg. Niemand sien hulle...
Share: