Friday, 20 December 2019

Kersfees. Rumpumpumpum.

Voel julle dit ook? Dis Kersfees! Die klank van slee klokkies, kinders wat vrolik lag, Kersvader wat “ho ho ho”, takbokke wat tak en Mariah Carey wat keel-roggel geluide maak wat klink soos “All I want for Christmas...”? As jy soos ek is, het jy ook nou so bietjie in jou mond gekots. Dis nie dat ek...
Share:

Tuesday, 26 November 2019

Oor seesterre en troeteldiere

My ouma het altyd gesê, jy kan 'n boerbok tot by seewater lei, maar jy kan hom nie forseer om 'n seester te lek nie. Nee, ek’s self nie seker wat dit beteken nie, maar dit klink vreeslik insiggewend. As ek moet raai het dit iets te doen met Fanus. Een goeie dag het ‘n Antie op ‘n buurplaas...
Share:

Tuesday, 12 November 2019

Vakansie? Wat is dit?

Ek voel ons beweeg weer daai tyd van die jaar in. ‘n Tyd wat ek begin vrees vir ander mense se lewens. Want hierdie tyd van die jaar begin my geduld op ‘n skaal van 1 tot 10 trek by “fok jou”. Ek het soos dit is ‘n reputasie van “Die Skuins Bedonderde Een”, om en in die kantoor – waarskynlik na aanleiding...
Share:

Friday, 1 November 2019

Julle kan nie bestuur nie!

Kyk, as daar een ding is waaroor ons almal kan saamstem, dan is dit die feit dat Pretorianers nie kan bestuur nie. Soos wat Magriet in haar Corsa Lite, Frikkie in sy Wildtrak en Bongani in sy taxi bestuur, is die feit dat ons almal nie daagliks in ‘n ongeluk is nie, niks anders as ‘n wonderwerk nie....
Share:

Monday, 28 October 2019

'n Oomblik van trots en dank

Julle weet ek is mos maar stil en inkennig en sê nie regtig veel nie, né? Maar ek moet bietjie spog. Sien, gisteraand was 'ink skryf in Afrikaans' se jaarlikse gala-aand waar al wat 'n digter en skrywer is, vanoor die land bymekaar kom en mekaar vertel hoe oulik skryf hulle... Toe gaan ek mos...
Share:

Monday, 21 October 2019

Nastergal Wolfram en die 72 Maagde

“Dis nie dat jy lelik is nie, dis net dat... nee, ek kan tog nie so oopbek lieg nie. Dis oorlat jy so lelik is.” “Ons sit die ligte af en jy maak toe jou oë...” “Nee dankie.” “Wat van ‘n stukkie geelvet biltong?” * * * Soos dit mos maar op ‘n klein dorpie met net ‘n kerk en ‘n bottelstoor...
Share: