Wednesday, 19 September 2018

Alles behalwe dagga. (Jy pleeg plagiaat jou dief!)


Jy dink ek wil praat oor dagga, maar jy’s verkeerd. (Meeste mense is dom genoeg sonder spook-rook, nou wil hulle daai laaste twee breinselle verder briek? Right. Ek het mos nou ‘n saak.)

Ek het net weereens besef dat mense is baie weird. So laat weet iemand my van ‘n post op ‘n ander Facebook groep: Iemand wat een van my gebabbelrye gepost het asof hulle dit self geskryf het. Die blerrie vermetelheid.

Ek skryf nie vir geld nie. As jy gaan soek wat ek het van jare se geskrywery sal jy dalk op ‘n gebreekte bierbottel en ‘n 5 sent muntstuk afkom... Ek skryf vir die lekkerte daarvan. Dit is vir my so lekker as mense sê hoe hulle my storietjies geniet. En wat nog lekkerder is, is as dit ‘n gesprek aanwakker. Ek wil glad nie hê dat ek moet praat en almal moet luister nie. Glad nie. Nee, as ek iets skryf en mense aan die praat kry, dan was dit ‘n sukses. Al wat ek kry uit my skrywery, is die lekkerkry van mense wat dit geniet en deel met ander. Ek meen dis nie asof ek enigsins famous is of iets nie (maar dan moet ek noem dat Beeld onlangs ‘n onderhoud met my gevoer het oor my skrywery... Maar meer daaroor op ‘n ander dag.). Gun my daai bietjie lekkerkry deur net erkenning te gee. Maar nee, jou satansdingesses, copy en paste my goete en maak asof jy dit geskryf het? Jy lieg mos jou kommen dief. Miskien moet ek ook maar soos die res van die Internet in my kar sit en 'n video van myself maak terwyl ek sit en praat, dan kan jy mos nie maak asof dit jy is nie... Net jammer ek's nou nie iets vir die oog nie, anders het ek.
Maar ek sê maar niks. Net-nou dink mense ek is verwaand. Dit is tog mense en hulle vreemde gedrag waaroor ek die lekkerste kan skryf. Het jy al lank genoeg stilgesit en mense net dopgehou? Geluister wat hulle nou eintlik kwytraak? Mense doen en sê heeltyd net vreemde goed.

Kan iemand byvoorbeeld vir my “Almond Milk” (amandelmelk) verduidelik? Die liewe Vader gee vir ons 8 verskillende soorte melk wat min of meer drinkbaar is, en een of ander mens besluit: “Nee, nee. Hier is ‘n ander plan. Kom ons melk ‘n neut.” Regtig? But why?
Image result for udder cartoon
En van melk gepraat, hoe het dit gebeur dat ons koeie (diere) melk? Vir al wat ons weet was ‘n beesboer eendag besig met ‘n koei se spene, toe stap mevrou boer daar by die skuur in... Dalk was dit die enigste verskoning wat hy op daai oomblik kon uitdink? “Nee, dit is nie soos wat dit lyk nie, my vrou... Ek trek hier aan die spene, want ek wil... uhm... dit drink?”
Mens wonder baie oor dinge wat die eerste keer gebeur het. Hoe het ons begin eiers eet? Het daar regtig eenkeer iemand ‘n hen staan en bekyk, en gesê: “Haai... kyk daai ding wat by die hoender se hol uitgekom het... Kom ons eet dit!” Really? 

Wat van die eerste drukkie? Het ‘n ou sy meisie skielik styf vasgehou? Haar eerste reaksie was sekerlik “Wat de fok doen jy, los my uit man!”
En hy fluister in haar oor.: “Nee ek wil jou NET vashou. Vertrou my...”
Riiiiight...

Dis eintlik jammer dat daar so min "eerstes” oor is om te doen. Dit moes baie opwindende tye gewees het “in die begin” om alles eerste te probeer. Dis seker in ‘n mate ‘n goeie ding. Ons leer mos uit ander se foute. (En party van ons is mos “ander”. Soveel foute.) Deesdae as jy iets wil weet, dan vra jy mos net vir Oom Google (Ander ding – hoe het die ouens wat Google uitgedink het hulle eie vrae geantwoord?). 
As jy 30 jaar terug wou weet hoe om Crème brûlée te maak moes jy in die buurt rondstap en vra:
“Hoe maak mens Crème brûlée? Pietertjie? Ta’ Saartjie? Nig Appeloor? David? Kramer? (Dis twee verskillende mense.)” En as niemand geweet het nie, was dit dit. Jy’t nie geweet hoe om Crème brûlée te maak nie… Maar in vandag se tyd loer jy sommer gou op Google: Crème brûlée was uitgedink in 1915 deur Mevrou Brûlée in Frankryk blablabla. Easy peasy.


Image result for creme brulee

Het dit het dalk te maklik geword? Is ons nou al so gekondisioneer soos Pavlov se honde dat ons nie eers self dink of probeer nie? (Vir die wat nie weet nie: Pavlov het honde gekondisioneer dat elke keer wat hy ‘n klokkie gelui het, dan maak hulle ‘n Pavlova – nie dat dit baie suksesvol was nie, want honde het nie duime nie. Regtig gaan lees dit maar op.) 
Ons het nou al so afhanklik geword van die Internet en ons Smartphones dat ons eintlik nie daarsonder kan klaarkom nie. Wat het die mense toentertyd gedoen as hulle kar gaan staan het? ‘n Tiekieboks loop soek? In die Karoo? I don’t know. Ek kan nie ‘n wêreld sonder selfone voorstel nie...

Uitdaging vir jou: “Do something every day that scares you.” Doen iets nuuts, elke dag – iets opwindend. Probeer die “nat verf” oomblikke in die lewe sien. (Jy weet mos: As daar ‘n kennisgewing iewers geplak is wat waarsku dat die verf nat is, dan moet jy mos daaraan gaan voel. Sit jy met ‘n vinger vol verf, maar ten minste kan jy bevestig dat die waarskuwing waar is.) Al het iemand anders iets al vir die eerste keer gedoen, het jy dit al gedoen?
Hoekom nie?
Ons lewens is so kort en vaal – dag in en dag uit dieselfde. Lek jou vinger nat en druk dit in iemand so oor. Wat gaan gebeur? Kom ons kyk! (Sorg net dat jy fiks is of dit probeer met iemand wat stadiger lyk as wat jy is.)
Voor jy iets Google, vra bietjie die mense om jou. Hulle het al daai fout gemaak. Kan ons leer van hulle?

Nou copy en paste nou weer my goete, jou slaksnot-eter...
Share:

Monday, 10 September 2018

Ek is sorry, OK. (Ek bitch en moan oor in 'n ry staan met 'n monster)

Wie ek ook al die moer in gemaak het en my verwens het: Sorry. 

OK. Ek weet nie wat ek gedoen het nie, maar ek is blerrie sorry. Blykbaar word ek nou swaar gestraf daarvoor. Kan jy nie maar net volgende keer wens ek kry ‘n pyn onder my lae rug nie?

So doen ek toe mos nou aansoek vir die hernuwing van my bestuurslisensie. Ons is mos nou in die 21ste eeu. Jy boek en reël alles aanlyn en die dag van jou afspraak gaan jy net, stap jy verby die hele ry mense van alle kleure, geure en afkomste en wys jou pampier vir die sekuriteitswag by die deur: Hy sal jou help
.
So gesê, so gedaan. Eerste week in Junie ry ek al die pad Bronkhorstspruit toe en begin soos ‘n Boeing om die gebou draai met my karretjie opsoek na parkering.
Hier is die geheim: Ry 9 keer kloksgewys om die blok, en dan 7 keer antikloksgewys om die blok, en dan besef jy dat dit gaan nie gebeur nie, en klim met jou lae hatchback motortjie skuur-skuur op ‘n pavement. Want de hel met dit.



Dan stap ek die halfmarathon terug na die lisensie kantoor toe. Die ry mense peul by die straat af. Ek nader iemand wat soos ‘n sekuriteitswag lyk, groet vriendelik en wys die pampiere vir haar. Sy kyk vir ‘n sekonde ongeïnteresseerd na die pampiere en beduie iets met die hand. My gebare taal is non-existent so ek aanvaar maar sy bedoel ek moet instap. Soos ek verby die string mense stap wat al van donker af daar in die koue staan, voel ek die haat en “Wat de hel doen jy?” kyke op my val. Sonder om links of regs te kyk stap ek die deure in. Daar is mense. Baie mense. Dit maal en praat en beduie. Uiteindelik sien ek iemand wat agter ‘n tafel sit en half offisieel lyk. Ek groet en wys vir haar my pampiere. Sy beduie dat ek eenkant moet staan en wag dis amper my beurt. Driekwart uur na my afspraak tyd beduie sy ek moet na die ander beampte toe gaan vir my kiekie en vingerafdrukke. Dit neem sekondes dan word daar nog pampiere in my hand gestop en ek moet stap na die betaal kantoor toe. Hier maak dit nie saak of jy ‘n afspraak gehad het of nie. Almal is hier weer gelyk en jy moet saam die gespuis wat nie ‘n afspraak gehad het nie in ‘n ry skuif-skuif wag om te betaal. Nog so ‘n halfuur later. (En drie keer wat die toonbank toegemaak het – blykbaar vir twee tea breaks en ‘n bathroom break. Ek dag by myself as daar minder van die een was sou daar minder van die ander gewees het. Maar ek sê niks. Geduld is mos my middelnaam.)

Uiteindelik het ek my geldjie oorhandig en word my stapel papiere aanmekaar ge-staple en ek kry ‘n kwitansie. Yay! Die beste van alles is, as jy genoeg geld betaal (aanlyn) dan bring hulle jou lisensie vir jou as hy gaar is. Yay! Die plek sien my nie weer vir 5 jaar nie.

Of nie.

Na maand 3 van nog nie ‘n lisensie kry nie, begin ek navraag doen.
“Ag ouens, kan ek nie maar asseblief my lisensie kry nie?”

“Sorry. Hulle moes jou gebel het. Jou aansoek is ‘n Kode 3. Daar is iets fout. Jy moet weer ingaan.”
Ek voel hoe die trane vlak in my oë lê. Wat doen jy? Jy is magteloos!

Maar Riaan, dis mos nie so erg nie. 

Jammer vir jou, maar dit is. Dis baie erg. Ek hou nie van mission nie. Hulle kan ‘n satelliet op ‘n komeet land, maar ek moet terug Bronkhorstspruit toe mission vir ‘n verdomde plastiek kaartjie?

Buiten vir mission hou ek ook nie daarvan om in ‘n queue te staan en wag nie. 
 By die bank beland ek altyd langs iemand se ouma wat hou van praat. O, en natuurlik vir jou foto’s van haar kleinkinders wil wys. Dan moet jy mos ordentlik wees en geduldig sit en kyk hoe sy op haar Nokia 3310 soek na die galery vir ‘n halfuur lank. En as sy eers die galery gekry het dan moet jy elkeen van die 70 foto’s se “back story” hoor. Tannie, jy is dierbaar, en ek is seker jy beteken die wêreld vir jou kleinkinders. Maar ek gee regtig nie om of Tanja se vriendin eenkeer vir Bobby by jou Pick’n Pay gesien het nie. "I don't care!" (Wil ek gil. Maar ek bly nice met die antie want geduld is mos my middelnaam en die queue is nog lank. Ek kan nie nou vyande maak nie.)

By die lisensie kantoor beland ek altyd tussen iemand vir wie die konsepte van seep, water en elke dag so onbekend is soos breinchirurgie. Ander kant sit daar natuurlik altyd so ‘n dik oom in ‘n kortbroek (al is dit hoog winter... wat is fout met jou man!?) met daai dik gebreide wol sokkies opgetrek tot onder die knieg en moan oor daar alweer ‘n tea break agter die counter is. (Wie is so onmenslik om te moan oor tea breaks? Ek sal dit byvoorbeeld nooit doen nie. Have a little heart.)

Maar niks – NIKS – is so erg soos wag in ‘n dokter se spreekkamer nie. Buiten vir die feit dat dit die ideale plek is om ‘n eksotiese Kongolese aambei virus of Chinese bakteriële ingroei nael op te tel, is daar die gewag met die vernederende koppietjies... Jy weet... Daai plastiek koppietjies. Want of jy nou hoofpyn het en of jy nou skurwe vel het, die dokter vra mos altyd vir ‘n urine monster... (Of is dit net ek?) Vir ‘n start is badkamer sake vir my baie privaat, en nou moet jy met jou badkamer sake daar tussen al die mense staan? Ons lyk kompleet soos ‘n klomp mense by ‘n Oktoberfest of ‘n Craft Beer konvensie met ons plastiek glasies geel monsters...



As jy so tussen ander mense is dan beloer jy hulle mos so... Hoe die een met haar kinders praat. Jy sien sommer die kind gaan jare later terapie nodig hê. En daai een wat kliphard op sy selfoon praat want ons almal wil mos hoor wat in sy lewe aangaan. As jy so hard hier tussen ons op jou selfoon gaan praat, sit die ding ten minste op speaker phone dat ons altwee kante van die saak kan hoor.

Die mense en hulle dingetjies... Gee jou genoeg om oor te dink. Nou een ding waaroor ek al BAIE gedink het, en tog te dankbaar is: Van al die mens se liggaamlike funksies is ek BAIE dankbaar dat GAAP die een ding is wat “aansteeklik” is, en nie een van die ander wat dit kon wees nie...

Sug. En soos ‘n mens ouer word, moet jy mos al hoe meer dokter toe gaan. As kind moer jy uit die boom uit; skraap jou dat jou vel soos ‘n lemoenskil aan die boom se bas agterbly, maar jy skud dit af en speel verder. Deesdae staan ek verkeerd op, lê te lank op my een sy of nies te hard dan moet ek ‘n dokter gaan sien oor al die pyne en gerekte spiere... Ons vier mos nie meer verjaarsdae om ons geboortedag te herdenk nie, maar die feit dat ons wonder bo wonder nog steeds lewend is ‘n jaar later.

‘Skies. Ek’s bietjie van die onderwerp af. Waaroor praat ek nou weer? O ja. Ek wil net seker maak ek vra vir almal sorry hier ook oor alles wat ek aan julle gedoen het. Sallieweernie. Hou asseblief op om my te verwens.

As jy more dalk toevallig in Bronkhorstspruit se lisensie kantoor sit langs ‘n ou wat skuins bemoerd lyk... Sorry daaroor ook.


Share:

Monday, 30 July 2018

Oh sh*t. Everyone is going to see me naked!

This morning started out like a typical Monday morning. Hectic. This e-mail was waiting for me in my inbox:

     From: <info@beckymiles.com>

    To: Riaan@xxxx.co.za

    Subject: riaan@xxxx.co.za:bananalama32

    It appears that, (bananalama32), 's your password. Will possibly not know me and you are probably wondering why you are getting this e mail, right?


    actually, I setup a viruses on the adult vids (porno) web site and guess what happens, you visited this web site to have fun (you really know what I am talking about). During the time you were watching videos, your internet browser started off functioning like a RDP (Team Viewer) which provided accessibility to your screen and web cam. from then on, my computer software obtained your entire contacts out of your Messenger, Microsoft outlook, FB, as well as emails.


    What did I really do?


    I made a double-screen video clip. Very first part shows the video you're seeing (you have a good taste haha . . .), and Second part shows the recording of your web camera.


    what exactly should you do?


    Well, in my opinion, $1000 is a fair price for your little hidden secret. You'll make the payment by Bitcoin (if you do not know this, search "how to buy bitcoin" in Google).


    BTC Address: 1JyyFsf1RwRRkrA6rx1NzJbAH6r6Wm5uR1

    (It is case sensitive, so copy and paste it)


    Important:

    You've some days in order to make the payment. (I've a unique pixel within this e-mail, and at this moment I am aware that you have read this email message). If I do not get the BitCoins, I will certainly send your videos to all of your contacts including relatives, colleagues, and so forth. Having said that, if I get the payment, I'll destroy the recording immidiately. If you want evidence, reply with "Yes!" and I will undoubtedly send your videos to your 6 contacts. It is a non-negotiable offer, that being said don't waste my personal time and yours by answering this message.

Fuck. That is indeed my password. Well – at least one of the passwords I use on a regular basis. Where the hell am I going to get $1000? That’s over R15 000. Damnit. Everyone I know is going to see me in all my glory. I’ll have to disappear and start with a new identity in some tiny little Vrystaat town… I recall poor Margharet van Wyk that had her life destroyed when she accidentally sent a picture of her Parra to the school’s hockey Whatsapp group… I’m going to be Margharet 2.0. Sh*t.


Except. Only one or two tiny problems with the threatening e-mail.

Technically speaking
 
I know a virus that hijacks/hacks your webcam is a reality. There are countless examples of lives destroyed and people humiliated by such a virus/malware. It’s not a difficult hack.
I am in the IT industry, so I know how to protect myself. I have an anti-virus; anti-malware and a process monitor always running. I also know that I am in no way immune to viruses. I often have to check files for users to see whether it is a legit file (like a proof of payment) or a virus. I know that new viruses are written every single day and anti-virus companies are always trying to keep up. There is always the dangerous gap when users are vulnerable: The time between a new virus spreading and anti-virus companies protecting users against it. That is why I also tape a piece of paper over my webcam. This is common practice among the IT crowd; even Mark Zuckerberg is known to do this.

Image result for mark zuckerberg webcam

In other words, even if a hacker manages to get a virus on my laptop, he’s not going to be able to see anything.

So many questions 
 
Now that we’ve covered the technical implausibility of the e-mail being real, let’s consider the content of the e-mail…
If I had “dirt” on someone and I was blackmailing them, I’d give some proof. Showing me a password – which I know is my password – is supposed to give it legitimacy. But that’s not good enough in my opinion. If you’re going to blackmail someone, give them a screenshot of the material you have of them. That will give some gravity to the matter, won’t it? The (supposed) hacker welcomes you to ask for proof – only they will send the proof to 6 of your contacts… No-one is going to bite, are they?
Obvious bullshyte is obvious.
“…that being said don't waste my personal time and yours by answering this message.”
Really? Well fuck you.

And what if I actually made the payment? How are you (the hacker) going to know it was me that made the payment? I’m assuming that you are doing this with dozens if not hundreds of people… How do you know I paid the ransom? Where do I send my proof of payment? And how do I know that you are actually going to destroy the “evidence”? I pay the ransom, and you just up the stakes – ask for more. You have all the leverage, and I have none. Not a very fair game, is it? You would have to be a special kind of idiot to just pay $1000 into some random Bitcoin account.


Oh, and the “a unique pixel within this e-mail, and at this moment I am aware that you have read this email message”… Nice try. Yes, tracking pixels exist. But good lucking putting one in a plain text e-mail. Hahaha!

Hacks are a reality

Before I get to the most important part – the porn – let’s just consider the fact that they have my password - or at least a password that seems legit… How? Over there years many databases have been hacked – including South African databases.

There’s the Master Deeds hack of 2017 that meant the personal data of tens of millions of living and deceased South African residents got into the hands of hackers. The data included extensive personal attributes such as names, addresses, ethnicities, genders, birth dates, government issued personal identification numbers and 2.2 million email addresses.
The 2016 Ster-kinekor hack which lead to extensive personal information such as names, addresses, birthdates, genders and plain text passwords of 1.6 million users being leaked. (This is where they got my password to try and blackmail me.)
The most recent hack was the ViewFines website (May 2018) where over 934 000 records containing 778 000 unique email addresses were exposed and included names, phone numbers, government issued IDs and passwords stored in plain text were leaked.
This is scary stuff people. Your private information is out there available to criminals. Not much you can do about it, except change your passwords regularly, but important to keep in mind if suspicious things start to happen (i.e. signs of identity theft). To check if your information was leaked, you can check your e-mail address on haveibeenpwned.com. Yes, it’s a legit and safe site.

 You are only human

Now, back to the most important point: The Porn and what I’ve been doing in front of my webcam. Allegedly.

My office door is always open. Some days my office is busier than your local Gautrain station at 7 AM. In other words, I would have to have a giant set of testicles to sit and tickle the monkey in broad daylight in my office with the possibility of someone walking in on me at any second… I’m not that kind of stupid. How embarrassing would it be if you were busy Jackin' the Beanstalk and your boss walks in…!? Nope. No way I’m ever wandering down that avenue. Never have. Never will. It’s a career destroyer.


 
Image result for watching porn caught
 
With that being said, why is human sexuality such a taboo? I mean Pornhub.com gets 75 million unique visitors every day – and that’s just one of millions upon millions of porn sites on the Internet. Sex is one of (if not THE) biggest industries on the Internet. Clearly millions and millions of people are visiting naughty websites every day, and let’s be honest, it’s not just to look… Yet, it’s one of things people consider to be "a skeleton in the closet". A great, big secret.
Yes, masturbation is a private matter. But is it really scandalous? We all pee and poop, and we don’t mention it in civilized discussions, but we don’t consider it “shameful”.

Most teenage boys would vehemently deny that they polish the staff, yet statistically all teenage boys do it. And yet, if one is caught out he is teased endlessly – as if he is the only one that does it.
 Related image
 
I agree that sex is a private matter. The rest of us don’t want to see it – without consent at least. But it’s not shameful nor should you be blackmailed in any way or form for normal human behaviour. You shouldn’t have to break out in cold sweat at the idea of everyone you know knowing or seeing that you had a bit of “me time”. That’s bullshyte. We have to applaud people like Margharet van Wyk for having a great sex life and for keeping it interesting. Chris is a very lucky man for having such an adventurous wife. Yes, the entire nation knows what her kwakkie looks like. But so what? Show me a single person that does not have a kwakkie or willy of their own… Show me a single person that does not have sexual urges in some form or took care of business at some time…
It’s human nature. It’s a private matter for most – but even so, it’s not something to be embarrassed about. It’s not a shameful act. (However, it becomes one when it’s an obsession or if it hurts other people in any way or form, but that is a whole other discussion.)

So, to conclude: Dear “Mister Hacker”. Even if you did have anything to blackmail me with, so what? You are a vile creature for wanting to extort money out of people for being human and doing human things in private. It is you that should be embarrassed. You should be locked up and the key thrown away. A video of someone in a private moment may be a bit gross, but playing on people’s fears and trying to exploit them is disgusting, nauseating and despicable. Mister “Hacker”, excuse the pun but go fuck yourself.
Image result for up yours
Share:

Friday, 27 July 2018

"Mia Muis se eerste dag by die Skool vir Klein en Oulike Diere." - Digitale Kinderstorie

Gratis en verniet. For you for free!

"Mia Muis se eerste dag by die Skool vir Klein en Oulike Diere." - Digitale Kinderstorie.
Ek het die storie 'n ruk terug geskryf, en dit het intussen sy doel gedien, so nou lê dit net op my rekenaar rond - doelloos.

Die storie is bedoel vir kinders 4-7 jaar as 'n voorlees boek (of self lees vir die oueres). Ek vloek nie een keer in die storie nie. Daar is 'n handjie vol illustrasies deur Leonore Kruger - maar is nie ten volle geïllustreer nie.

Julle is welkom om dit te download en te deel met jou vriende, Ooms, Anties, Nigs, Neefs en kennisse - net nie met daai skuins beduiwelde vrou van Tietiesbaai nie. Ons praat nogsteeds nie. En solank die manuskrip nie verander word nie. (En ja ek weet daar is 'n foutjie of twee in. As jy niks sê nie, sal ek niks sê nie.)

Storie:
https://drive.google.com/…/1M69EA40fCBy-NVM1US0Ao6wYg3…/view
(Maak die link oop. Click die download knoppie regs bo. Save die PDF na jou rekenaar of tablet. Geniet.)

Illustrasies:
https://drive.google.com/…/1g1GU8PPmKF3StbzdNC6suB2_zX…/view
Ek hoor graag wat julle, of nee, eerder wat julle se kinners dink.
Share:

Monday, 23 July 2018

#Survivor #Kleinhuisie - Ek is so jammer dames!

Ek moet vandag nederig om verskoning vra aan elke liewe vrou. Ek is jammer. Ek verstaan nou.

Laat ek eerder by die begin begin.  
Van jongs af het my ma dit by my ingedril: “Sit die toilet se sitplek plat as jy klaar jou besigheid gedoen het.” Ek sweer sy het party dae buite die badkamer gewag net om te sien of ek die toilet se sitplek plat gesit het as ek klaar is. Ek is nie seker of my geheue my dalk in die steek laat as gevolg van aanhoudende klappe teen die kop nie, maar ek is seker klappe is uitgedeel as jy die dag vergeet. Dan klap sy jou so in lettergrepe:
“Hoe-veel-keer-moet-ek-nog-sê-sit-die-toi-let-sit-plek-plat.”
Dalk is dit hoekom ek glad nie gesukkel het met lettergrepe op skool nie? So ek moet seker dankie sê?

Alhoewel dit gewoonte uiteindelik in my geïndoktrineer is (of is dit nou by my in gemoer is?) kon ek dit nooit verstaan nie. As mans die moeite kan doen om die sitplek op te lig, kan vroue mos die moeite doen om dit weer te laat sak? Wie gaan sit op die wit troon sonder om eers te kyk of is sitplek in die af-posisie? En wat is in elk geval die ergste wat kan gebeur?

Wat is die ergste wat kan gebeur...?



So gebeur dit toe nou... (Die ander mans by die kantoor het blykbaar nie so ‘n streng ma soos ek gehad nie, want hulle los die sitplek daagliks bo.)
Ek storm die gemakshuisie binne. Dalk was ek in gedagte. Dalk was ek baie haastig. Ek kan nie mooi onthou nie. Ek weet net, ek het net gaan sit sonder om soos met die K53 te observeer wat om my aangaan.
Ek gaan sit, maar ek stop nie waar ek dag ek gaan stop nie. 
Ek vou dubbel soos ‘n opvou kampstoel. 
My knieë tref my bors hard en ek gee so ‘n vreemde “whut” geluid. 
Op pad af probeer ek keer en gryp verwoed na iets wat die groot val kan keer. In die proses word ‘n bottel seep, ‘n stapel afdroog papiere en ‘n mandjietjie potpourri oor die vloer gestrooi. Dit lyk en ruik soos ‘n honeymoon suite op die groot aand. Al wat ek uiteindelik vasgevat kry is die toilet rol. Die toilet rol is rond. Dit rol maklik af. Ek rol in een vinnige, lomp beweging die hele rolletjie af.
Dit is hoog winter. Die water is koud. Ek sien my hele lewe verby my oë flits. ‘n Duisend dinge gaan deur my kop in daai oomblik. 
“Ek word aangeval!” 
“Ek is te jonk om dood te gaan.” 
“Wie gaan al my skuld betaal?” 
“Ten minste hoef ek nie meer al my skuld te betaal nie.”
En vir een of ander bisarre rede roep ek uit:
“Wiedefok is hier binne!?”

Ek dink ek het skielik ‘n vrees ontwikkel om alleen kleinhuisie toe te gaan. Ek verstaan ook nou hoekom vroue altyd in groepe kleedkamer toe gaan. Dit is sodat hulle mekaar kan red as iets verkeerd loop... 

Ek staan ook nou by die badkamerdeur by die werk sodat ek kan klappe uitdeel soos die mans daar uitkom. 

Ek is jammer dames. Ek vra nederig om verskoning namens alle mans. Julle het elke reg om klappe uit te deel. Die donners verstaan nie...

#Survivor #Kleinhuisie
Share:

Friday, 13 July 2018

Het ek al genoem ek hou nie van kamp nie?

Ek kan sommer uit die staanspoor verduidelik: Ek hou nie van kamp nie. Ek verstaan dit nie. Dit is nie dat kamp vir my volksvreemd is nie.

Ek het groot geword as ‘n kamper.  My Pa-hulle het een van daai stokou Jurgens karavane gehad – die model wat basies die ossewa vervang het na die Groot Trek. So, ek weet goed van vasgevang wees tussen die seile van ‘n tent as dit vir 2 weke aaneen reën en jou Ma jou met die besem wil moer omdat jy modder intrap nadat jy ablusie blokke toe moes hol.

Ek kan nie verstaan hoe mense geld betaal om soos ‘n boemelaar in ‘n pondok te gaan bly iewers in die bos of ‘n halwe kilometer van die strand af nie. Jy wil mos gaan vakansie hou wat beteken rus en ontspan. Nee. As ‘n kamper begin jy deur eers die helfte van jou huis in die karavaan te prop. Alles wat jy moontlik gaan nodig hê - en dan maal jy dit met twee. Want jy gaan dalk ‘n vars lemoen se sap wil drink, so jy pak die manual juicer in. Jy’t die afgelope 13 jaar nog nooit die juicer gebruik nie, maar hy gaan saam. Driepoot potjies, staanders, manual haardroërs, jerry cans, alles wat kan opvou, kilometers se elektriese verlengings kabels en, wel, basies alles in die huis wat draagbaar is en deur die karavaan se deur gaan pas. So gaan dit vir ‘n week voor die vakansie. Julle dra vir die hele week voor die vakansie die inhoud van die huis (wat 250 vierkante meter is), in die karavaan in (wat minder as 12 vierkante meter is). Ek is seker dit is een of ander onheilige toordery want dit maak mos nie sin nie.
Op die groot dag word die karavaan dan gehaak en teen slakkepas word daar vertrek na die bestemming. As kind is voel dit soos ‘n ewigheid veral as jy met frustrasie moet kyk hoe die een na die ander 10 ton trok die 1800 Nissan Skyline verby vat terwyl die arme enjin histeries gil in tweede rat.



Daar aangekom word die karavaan staanplek mooi bekyk en wetenskaplike toetse word eers gedoen om te sien watter rigting die water gaan vloei as dit reën en watter rigting die wind die tente gaan waai en uit watter rigting die blou ape op die kamp gaan neersak. En dan moet alles wat die afgelope week in die karavaan gepak is, uitgepak word voor jy uiteindelik die tydelike huis moet bou. Dan eers kan jy begin “vakansie hou”.

Ek gaan nie eers iets sê oor ablusie blokke nie. Ek is ‘n baie privaat mens, en beskou badkamer tyd - van watter vorm ook al - as ‘n tyd om rustig en stil te wees.
Nee. Nie as jy kamp nie. Tydens spitsuur (7-8 soggens en 9-10 sawens) is dit net chaos in die ablusie blokke. Elke shape, geur, kleur en reuk vergader in die badkamers sodat elkeen - blykbaar skaamteloos - skoon kan kom en hulle “dinge” te doen. Nee. Net... Nee.

Natuurlik, teen die tyd wat jy klaar vakansie gehou het, dan moet jy nou eers weer alles uit die karavaan uit pak (want die pampoenkop wat die karavaan ontwerp het, het mos besluit die seile se bêreplek is heel agter, heel onder), die tydelike huis afslaan en alles weer terug pak, net om later die dag weer alles uit te pak en terug te dra huis toe.

Die punt is: Ek hou nie van kamp nie. Dit maak nie sin nie. Dis ongerieflik.

Maar so word die Ooste van Pretoria gedwing om te kamp. Jip, een van die rykste areas in Suid-Afrika word een groot kampterrein. Dit gebeur toe mos dat die Wapadrand elektrisiteit substasie op Maandag 9 Julie 2018 onverklaarbaar afbrand en ‘n massiewe deel van die Ooste van Pretoria in stilte en donker gedompel word.






Kragonderbrekings is natuurlik geen vreemde verskynsel in Suid-Afrika nie. “Loadshedding” en kabel diefstal is so deel van ons daaglikse lewens soos eet en slaap. So, die meeste ouens het teen die tyd ‘n ou kragopwekkertjie, gasbottels en -stowe, paraffien lampies, fancy rechargable flitse en berge kerse.

Maandagaand is dit pik donker hier oor die Ooste van Pretoria. Ene Jaques Spies staan op sy stoep en herroep die woorde van die ou volksliedjie – die lied van jong Suid-Afrika - se woorde:
“ En hoor jy die magtige dreuning? Oor die veld kom dit wyd gesweef...”
Die woorde het nou ‘n nuwe betekenis – die gedreun van kragopwekkers wat verwoed genoeg krag probeer bymekaarskraap om net so bietjie DSTV te kan voorsien. Die reuk van diesel rook hang swaar oor die Bronberg.

Meeste mensies maak ‘n avontuur van die saak. Take aways word gekoop. Kinders word vroeg in die bed gesit. Kerse word oral in die badkamer gepak om ‘n romantiese “ambiaans” te skep. Water word gekook en in die bad gegooi. Mans kom gou agter dat dit die hele nag se geketelkokery gaan vat om die bad vol te kry, so daar word maar besluit om net genoeg water in te tap om die boude nat te kry. Bottels rooi wyn word oopgemaak. Oor sowat 8 maande gaan Baby Boom in Woodlands Mall se verkope die hoogte in skiet.

Die dommes speel hulle selfone se batterye pap om die tyd om te kry.
Ons kom agter dat die mens se tone spesifiek so ontwerp is om hoeke in die donker op te spoor en dat alles in ons huis is maermerrie hoogte.

So kom en gaan Dinsdag. Pappie probeer almal gelukkig hou; mos nou ‘n baie goeie verskoning om elke aand te braai.
Maandagaand se oefening word herhaal. Toy’R’us smile breed.

Teen Woensdag begin daar ‘n reuk oor die Ooste hang. Mense besef dat jy nie heeltemal kan skoon kom deur in ‘n emmer water of ‘n koue stort te was nie. Die tannies met die groot hare kry nie meer die kapsels staangemaak met haarsproei en jel nie. Die vuil raak sterker as VO5 se Mega Hold. Vrieskaste is besig om te ontdooi.
‘n Moedeloosheid begin neerdaal op die Ooste van Pretoria.

Die snaaksigheid raak nou minder snaaks. Daar word idees uitgeruil op Facebook se “Ek’s van die Ooste”: Hoe om krag op te wek met 2 piesangs en 3 uie. (Dit is nou die wat darem nog iewers hulle fone kon charge.) Lenings word aangegaan en Builder’s Warehouse verkoop al hulle generators uit en die uitbuiters sak neer op Facebook om generators teen ‘n 400% wins te verkoop.
“Nie vanaand nie!” - Mamma se kop is seer vanaand. En die reuke wat om mens begin hang vat in elk geval enige vorm van romanse uit die seile. Jy begin besef dat alles in jou huis met krag werk. Ons begin wonder hoe die mensdom vir duisende jare sonder elektrisiteit klaargekom het. Wat het hulle heeldag gedoen – of ten minste as die son gesak het?



Teen Donderdag kom die aanvaarding.

Klein Annetjie maak vir die eerste in haar lewe ‘n boek oop en begin lees. Dawie speel vir die eerste keer ooit met sy armie mannetjies wat hy al drie jaar terug vir sy verjaardag gekry het.
Mammie en Pappie praat weer vir die eerste keer in 11 jaar. Regtig praat. Hulle leer mekaar weer ken.
Ons kom agter dat ons maar een dag 7de Laan kan mis. Ons gaan nie iets oorkom nie. Teen volgende week is al die Koekies en Tertjies se probleme en drama nog steeds onveranderd. Uiteindelik besef die res van julle dat Danie Odendaal het in elk geval ‘n dekade laas ‘n vars idee gehad het.

In Wapadrand werk mense regdeur die koue nag om die substasie van die grond af weer op te bou. Hulle sien nie hulle gesinne nie want hulle gaan net huis toe om ‘n uur of drie te slaap voor hulle weer teruggaan om verder te kap en te bou.

En uiteindelik kom daar ‘n besef hoe gelukkig ons eintlik is. Geseënd om lopende water en krag te hê. Daar is miljoene mense wat hulle hele lewens so leef. Koue wintersaande langs kerslig. Wat nie oor ‘n week weer drie heaters en warm komberse gaan aansit nie. Wat elke aand met ‘n skotteltjie warm water moet bad, nadat hulle ver moes loop om die water te gaan haal het.

Ek hou nie van kamp nie.  Maar vir ons is die kamp net tydelik. Vir ‘n groot deel van ons beskawing is die hele lewe ‘n kamp. En ek kan nie anders om hulle te bewonder nie. Hoe hulle dag in en dag uit so lewe - met geen hoop dat daar teen Sondag gaan krag wees nie. Dalk is dit omdat hulle nie van beter weet nie? Hulle weet tog. Hulle gaan werk in die paleise in Woodhill deur die dag en gaan dan terug na hulle “kamp terrein” snags. En hulle lewe.
Gaan ons weer kla met die witbrood onder die arm?
Natuurlik. Oor ‘n maand is die Massa Kamp van 2018 vergete. Ons betaal mos ons belasting en water en ligte rekeninge en ook nog ekstra vir die armes se gratis krag ook. Die wêreld skuld ons mos.


Share:

Monday, 9 July 2018

My "ordeal" met OrderIn en Grafters Tavern en hoe ek amper dood is van die hongerte!


(Edit: Dinesh Patel, CEO of OrderIn contacted me personally after I wrote an angry e-mail to the customer service e-mail address. See bottom.)

Ek is nou nie ‘n groot aanhanger van die “Name & Shame” metode nie. Ek is maar van die “Vergewe en Vergeet” groepie mense. Shit happens. Life goes on.

Maar Vrydagaand was vir my net een te veel.

Nou ek is nou nie groot op kosmaak op ‘n Vrydagaand nie. En die nuwe tegnologie van takeaway aflewerings apps het my luiheid eksponensieel vergroot. Hoekom sal ek nou in my kar klim en ry om “takies” te gaan koop as iemand dit vir my kan bring? Werkskepping en al daai goed, right?

Die eerste keer wat ek van “OrderIn” gebruik so maand terug, tik ek my order in en wag in spanning vir iets om te gebeur. Nee, na 10 minute bel hulle my en sê sorry, hulle is te besig om my te kan help ek moet self my kos gaan haal. Hulle sal die R10 afleweringskoste as krediet op my rekening sit. Ek wil nog vra wat van die R20 tip wat ek by die betaling ingesluit het, maar die antie het klaar die foon neergesit. Sug. So gesê, so gedaan...

Hierdie Vrydagaand besluit ek om weer vir OrderIn ‘n kans te gee. Sit 18:36 my bestelling by Grafters Tavern in op die App. Ek en Die Ander Honger Een in die huis bou elkeen ‘n Combo basket. Omnomnom.

Kry die e-mail dat die order deur is en dat die kos 19:38 daar gaan wees. Jippie!


So stap die tyd verby en die hongerpyne groei. 19:38 kom en gaan. Maar Geduld is my middel naam. (OK nie regtig nie. Ek het nie ‘n middel naam nie. My Ma-hulle was lui toe hulle my name uitgedink het en gestop na die eerste een.)

So teen 20:00 begin Die Ander Honger Een in die huis sulke moan geluide maak en ek kry sulke “waar’s die kos?” kyke...

Teen 20:30 kry ek ‘n oproep. “Hallo ek is Antie Sus-en-so van OrderIn...” Sy wil net weet of is my bestelling al afgelewer?
“Uhm. Nee...”
OK, sy volg gou op en bel my terug, bye.

20:41 begin Die Ander Honger Een in die huis se moan al harder word. Ek sien hier gaan nou ‘n floute wees van hongerte en ek bel die OrderIn tannie terug.
“Hallo. Ons is honger. Waar is ons kos?”
Nee, sy gaan gou die drywer bel dan laat weet sy my.

20:55 bel sy my terug. “Ag sorry man. Sy kon nie die drywer in die hande kry nie, hy was besig om te bestuur. Hy het nou net by die winkel gery met my kos.”
Yay!

21:10 kry ek ‘n SMS. “Your Grafters Tavern order is on the way. Track your driver & ETA here:”
WTF?! Hy ry nou eers? Nietemin volg ek en Die Ander Honger Een in die huis die beweging van die motorfiets op die kaart. Toe hy 5 minute weg is, gaan staan ek sommer met die laaste bietjie krag in my lyf by die hek en wag.

21:21 kom die bike die bult op. Ek begin trippel van opgewondenheid daar waar ek staan. Die drywer haal die yskoue kos uit terwyl hy ‘n rits verskonings mompel. Whatever. Gee my kos, koebaai!


Hol huppelend die huis in en gooi die eerste boks oop. Dis Die Ander Honger Een in die huis se kos. ‘n Berg aartappels, ribbes en chicken strips. Awesome.

Gooi my boksie oop wat aansienlik kleiner is. Waddefok is dit? Ek het meatballs vir my basket bestel. En dit kos R18. En ek kry TWEE baba meatbolletjies?! So ook “Stuffed Peppadew wrapped in bacon” vir R15... Een enkele Peppadew? Dafuq? Die res van die porsies was meer regverdig... En die kos was darem lekker. (Alhoewel teen daai tyd was ek al so honger dat jy ‘n poep kon blou verf, sout en peper daaroor strooi en vir my gee, en dit sou ook lekker gewees het...)



So: OrderIn - 2 ure en 41 minute vir ‘n aflewering? Ek kon Spar toe gery het, die bestanddele gaan koop het en die kos van scratch af gemaak het, en dit sou nogsteeds vinniger gewees het. Verskoon my taal, maar fok julle. NOOIT weer nie. Mr D en Ubereats se diens en app is 10 keer beter. #OrderIn

Grafters Tavern: Ek draai by die dood om van hongerte en julle stuur vir my 2 baba meatballs vir R18? Lyk dit enigsins soos R117 se kos? Fok julle ook, hoor. NOOIT weer nie.



Oorspronklik gepost op "Ek's van die Ooste" Facebook groep - 9/7/2018

Edit: Mister Dinesh Patel contacted me via e-mail and asked if he could give me a call. I explained that I'm not interested in excuses - the damage has been done. But kudos to him for wanting to clear things up. I trust that he will address the issues as necessary and that OrderIn will step up their game in order to compete with International Companies such as UberEats. I would much rather support #ProudlySouthAfrican companies, as long as they offer the same if not better service. So I'll give OrderIn another chance in the distant future. To be continued...
Share: