Wednesday, 31 October 2018

Die Spiderman meisie is my hero

Iemand skryf dat hulle Spiderman-klere vir hulle dogtertjie moet koop in die seuntjie afdeling  want die dogtertjie afdeling bestaan net uit pienk frilletjies, strikkies, valletjies en Anna en Elsa. Wat ‘n cool meisie! Watse cool ouers! Hulle laat hulle nie in ‘n boksie sit nie. Well done! Nou...
Share:

Monday, 29 October 2018

Die vrou en die skerwe

Sy sit sommer so plat op die grond. Haar hart lê in skerwe so om haar. Haar gesig verraai geen emosie nie. Geen trane. Ek vermoed die trane is klaar. Elke druppel wat kon val, het geval. Daar is waarskynlik al twee diep spore oor haar wange – onsigbaar - wat deur die erosie van trane uitgekerf...
Share:

Sunday, 21 October 2018

Spikkels die Bobbejaan

Spikkels die bobbejaan was wyd en syd bekend tussen die boere daar in die Waterberge. Alhoewel Spikkels op Oom Miel Lieplikker se plaas gebly het, het die bure hom gereeld ingeroep om te kom help ploeg as die oes goed is en Fielies se wingerdgriep te swaar trek.  Spikkels se...
Share: